News

Grafiese Inhoud: Ouma beseer toe sy baba van gewiste dood red

Die Olivier gesin van Middelburg kort die gemeenskap se hulp.

Me. Ina Olivier, oumagrootjie van talle agterkleinkinders is Woensdag ernstig beseer toe sy haar jongste kleinkind van ‘n gewiste dood wou red.

Die hek by hul huis in St Helenastraat Dennesig het van die spoor afgeloop en amper op Adeline (2) geval.

Me. Olivier het egter die hek met haar been gekeer waarna die hek enorme weefselskade aan haar been veroorsaak het.

Mnr Lukas Olivier en sy vrou Ina wat Woensdag beseer is.

Sy moes in die huis in kruip om hulp te ontbied. Me. Olivier is Midmed toe gejaag waar die bloeding gestop is.

Sy het egter nie n mediese fonds nie en haar man Lukas het haar met sy motor na Steve Biko Hospitaal in Pretoria gehaas waar sy sedertdien onder sedasie gehou word.

Die gesin sal haar egter graag by Midmed wil laat behandel omdat daar steeds nie op haar geopereer is om die been te probeer red nie.

Ouma beseer toe sy baba van gewiste dood red.

Daar is gelukkig geen breuke nie, maar die hoofslagaar na die voet is af. Die baba wat sy gered het is nie beseer nie.

Die gesin bedank graag vir dr. Theuns Botha vir sy hulp.

Samaritane wat die Oliviers finansieël kan help, kan inbetalings maak by die volgende rekening:

L.M.Olivier. FNB. Rek: 62035478959. Tak.210-408. Encore Tjek Rekening.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button