NewsUpdate

(Grafiese inhoud) OPVOLG: Oumagrootjie uiteindelik geopereer na hek op haar val

Die wond aan me. Ina Olivier se been waar ’n skuifhek haar getref het, toe sy gepoog het om die ontspoorde hek van haar tweejarige agterkleindogter, Adeline (2), af te hou, is Dinsdag eindelaaste in die teater by Steve Biko Hospitaal behandel.

Die operasie het twee ure geduur en haar man, Lukas, sal tydens die 15:00 besoektyd meer uitvind oor die operasie en sukses daarvan.

Me. Olivier is omstreeks 07:00 die oggend saam met Adeline uit om die kleuter se ma, Adele, af te sien werk toe.

Ouma beseer toe sy baba van gewiste dood red.

Toe die hek toegeskuif word, het dit van die spoor afgeloop en amper bo op die kleuter geval.

Me. Olivier het die reuse hek van meer as twee meter lank met haar been gekeer en is ernstig beseer.

Grafiese Inhoud: Ouma beseer toe sy baba van gewiste dood red

Midmed Hospitaal wou R25 000 hê om self te opereer die oggend, maar die gesin kon nie die geld so gou by mekaar kry nie en mnr. Olivier het haar toe met sy motor Pretoria toe gehaas, waar me. Olivier sedertdien behandel is.

Adeline Strauss (2) wie se lewe Woensdag deur haar oumagrootjie Ina Olivier gered is.

Weens ander prioriteisgevalle kon hulle egter nie op haar opereer om die gapende wonde te heg nie.

Sy is egter vandag op die teaterlys geplaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button