News

‘Juicy’ uitgewys as vermeende handelaar

'n Jongman wat slegs 'n week in Middelburg is, is Donderdagmore 05:00 deur sy bekommerde tannie by McDonald's opgespoor, nadat hy Woensdag deur 'n klein venster by haar huis geklim het, waar hy toegesluit was.

Hy het die dag vantevore ook uit die huis, waarin sy tannie hom toegesluit het, ontsnap om ‘n dwelmhandelaar by McDonald’s in sentraal te ontmoet.

Die vrou, wat anoniem wil bly, sê die jongman (19), is ‘n week gelede in haar sorg geplaas, nadat hy eers ‘n ruk lank by sy ouma gebly het.

Die ouma kon egter nie met hom huishou nie en het versoek dat sy tannie hom inneem.

“Ek het hom Dinsdag en Woensdag in die huis toegesluit, want ek het vermoed hy gebruik dwelms, maar Dinsdag het hy uitgekom en dadelik na sy dwelmhandelaar gehardloop,” sê die bekommerde vrou. Woensdag het hy weer spoorloos verdwyn en is eers Donderdagmore opgespoor by McDonald’s by die Mall. Sy het sy selfoon in die hande gekry en die gesprekke tussen hom en die beweerde dwelmhandelaar gesien.

Sy het die man, van wie sy ‘n foto opgespoor het, geskakel en gedreig dat sy hom aan die kaak gaan stel.

Sedertdien bel die man, met ‘n Nigeriese aksent haar, en dreig haar met die dood. “Hy sê ek moet nie met hom sukkel nie, ek gaan seerkry,” sê die vrou.

Die dwemhandelaar staan volgens die jongman bekend as “Juicy”. Hy het hom glo genader vir dagga, nie dwelms nie, sê die jongman.

“Juicy het my egter ander, harde dwelms aangebied, want hy verkoop nie dagga nie,” sê die dwelmverslaafde.

Hy het bevestig dat die foto wat sy tannie van “Juicy” opgespoor het, wel die handelaar was waarmee hy sake gedoen het.

Die jongman is Donderdagmiddag terug geneem Johannesburg toe, waar hy sê hy nou in sy kar sal gaan bly, “niemand soek my nie”.

“Hy jok, ek het hom telkemale uitgevang met sy leuens, hy het verseker dwelms gekoop,” sê die tannie, wat bylas dat hy haar en sy eie foon gaan pand het vir geld.

“Gelukkig kon ek die fone opspoor en die waarheid is nou uit, ek weet nie of die dwelmhandelaar by my huis was nie, maar ek is nie bang nie, die waarheid sal altyd uitkom”.

•Terwyl dwelmgebruikers vir klein hoeveelhede dwelms gearresteer word, floreer handelaars op die dorp.

Die publiek vrae tereg: “Waarom?”

Waarom die optrede teen klein gebruikers maar die handelaars is onaantasbaar.

Waarom nie arrestasies nie?

Waarom nie polisieoptredes nie?

Waarom nie spesiale projekte nie?

•Dwelmverslaafdes het die afgelope tyd aan die koerant vertel hoe polisiemanne gereeld by ‘n bekende dwelmhuis gesien word, waar Nigeriërs vrylik en ongestoord sake doen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button