Agentskap soek na motoreienaar
Die Middelburg Huizemark span is op soek na die eienaar van ’n donkerblou Volkswagen Polo wat verlede week by die Middelburg Mall opgemerk is.
Agterin die voertuig, was een van hul skoubordjies sigbaar deur die venster.
Daar is eers sorgvuldig navraag gedoen by alle Huizemark agentskappe of iemand nie so voertuig ry nie. Geen agent kon opgespoor word nie.
Huizemark is een van vele plaaslike huisagentskappe wat kla dat hul bordjies gesteel word. ’n Bordjie wat mense inlig waar skouhuise is en watter huise te koop aangebied word, kan enige iets van R50 tot R80 per bord kos.
Daar is ook onlangs agter gekom dat iemand besig is om huise in Middelburg onder Huizemark se naam op die internet te adverteer wat dan nie op hul sisteem is nie. Die persoon wat valslik as ’n Huizemark agent optree is nog nie opgespoor nie.
Indien jy die voertuig herken kontak asseblief die Middelburg Huizemark kantoor.
