Dominee tydelik geskors
Ds. Lourens du Plessis van die Gereformeerde Kerk Groblersdal wat beweer dat hy afgepers word, is tydelik geskors.
Skermskote van sy gesprekke met vermoedelik ‘n prostituut het tot sy skorsing gelei.
‘n Noodkerkraadvergadering het plaasgevind kort na die skermskote aan die lig gekom, en ds. Du Plessis is op onderhandelde verlof geplaas.
‘n Volgende kerkraadvergadering sou verlede week Dinsdag plaasgevind het om die saak verder te bespreek, maar is met ‘n week uitgestel nadat ds. Pieter Kurpershoek, ‘n gesiene predikant in die Gereformeerde Kerk kringe ongeveer 18:00 daardie aand in ‘n ernstige ongeluk betrokke was in Kranspoort. Hy was onderweg na die vergadering in Groblersdal.
Die kerkraadvergadering het egter Dinsdagaand plaasgevind en ds. Kurpershoek sê dat ds. Du Plessis tydelik geskors is en dat die saak verder ondersoek word.
