Mbidi welpies kry name
Mbidi Lodge se nuwe familielede is die eerste keer bekendgestel na die welpies van Astina en Solo sowat 17 dae gelede die lig gesien het.
Astina, ‘n wit leeu, is die dogter van Tau en Tora, wat beide vergiftig is en hulle pote en koppe afgesny is. Solo is ‘n bruin leeu en die paartjie is die eerste wit en bruin leeu aar by Mbidi Lodge.
Mbidi Lodge het die publiek die geleentheid gegee om hulle op Facebook te kontak en name voor te stel vir die twee wyfie welpies.
Die mannetjie welpie se naam is egter deur mnr. Quintin Reynders gekies, aangesien hy ‘n baie goeie band met Astina en ‘n tatoeëermerk van haar naam op sy arm dra. Hy word alleenlik deur die leeu by haar toegelaat.
Die welpies is steeds onder die sorg van Astina en is sy ‘n uitstekende ma vir hulle. Solo is egter uit die hok verwyder om nie die ma en haar werpsel te steur nie.
Mnr. Reynders noem dat hul Solo in die hok langs Astina geplaas het, sodat hul nie hul sterk band moet verloor nie.
Die mannetjie se naam is Tau, vernoem na Astina se pa.
Die twee wyfies is Tumi, gekies deur Andreas Pekrivara, en Tora gekies deur Cameron Mays.
Hierdie persone sal elk ‘n kaartjie ontvang vir ‘n buffetete en gratis ingang na Mbidi Lodge.
Mbidi Lodge verwelkom almal wat graag na die welpies wil kom kyk en herinner die publiek dat hul nou ‘n nuwe A La Carte spyskaart het.
