NewsUpdate

Video: Talle mense beseer in ongeluk

’n Trok wat na bewering “te vinnig gery het” was omstreeks 06:00 klaarblyklik die oorsaak van die ongeluk op die Vandyksdrifbrug (oor die N4).

Mense het op die toneel gesê dat die trok ’n bussie, wat mynwerkers vervoer het, van agter getref het.

Die bussie het ’n Ford Figo voor hom van agter getref en die bussie is eenkant toe geslinger, reg voor ’n dubbelkajuit bakkie in.

Noodspanne van die brandweer, ER 24, polisie, verkeer, provinsiale ambulansdienste en selfs Middelburg 911 en GPF het soos ’n geoliede masjien saamgewerk om beseerdes uit voertuie te help.

Lees vorige storie hier:

Breaking News: Bus and truck crash on N4

Die bestuurder van die bakkie, asook ’n passasier in die bussie, moes met die kake van lewe uit die voertuie gesny word. Beide dié mans is ernstig beseer.

• Die verkeer het weerskante toe stadig beweeg, aangesien die brug gesluit was terwyl pasiënte uitgehaal is. Verkeerslede het egter verseker dat verkeer steeds teen ’n slakkegang by die afritte kan op- en afgaan.

Die pad was omstreeks 09:00 weer oop vir verkeer.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button