Alleenma se bakkie gesteel
’n Alleenma se enigste vervoer is vanoggend by haar woonstel gesteel.
Me. Marika Scheepers sê toe sy vanoggend uitgaan om haar kinders skool toe te vat, was haar Nissan 1400 bakkie (registrasienommer NZ 7358) skoonveld.
“Dis ons enigste vervoer! Ek weet nie wat gaan ek doen nie!”
Me. Scheepers se bakkie het voor haar woonstel by Rose Court Woonstelle (Mineralia) gestaan.
Sy het rondegvra of iemand nie iets gesien het nie en me. Mariska van de Venter by haar voertuig by Modder Court woonstelle (langs Rose Court) gevind.
Me. Van de Venter het haar meegedeel dat haar VW Golf ook byna gesteel is.
Volgens me. Van de Venter het die booswigte haar voertuig se deur oopgebreek en vanaf die battery ‘n kabel na die aansitter aangelê om dit aan te sit.
“Toe ek buite kom, het ek die kabel uit die aansitter gepluk!”
Sy glo iets het die diewe gepla, waarop hulle geepad het, “anders was my kar ook seker gesteel!”
