News
Video: Middelburg rooi geverf
Die strate van die dorp is vanoggend oorgeneem deur ’n see van rooi!

Onge-verskriklik-ongelooflik!
Dit kook op Middelburg!
Daar was trekkers, baie groot trekkers, trokke, bakkies, perde…en natuurlik was alles rooi, bloedrooi!
Die slang van rooi het later tot drie kilometer ver gestrek deur die strate van die dorp.
Dit is alles deel van die opbou tot die Classic Clash tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg wat Saterdagoggend op die velde van HTS afskop.

Die hoofwedstryde skop om 12:00 af.
Die skool het vanaf 11:30 ook ’n geesvang in sy skoolsaal waar sy spanne bekendgestel sal word en die Leeu voorry, Julian Redelinghuys, ’n praatjie sal lewer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
