News

Video: Yslike luislang vang rooibok

'n Luislang van 3,8 m is deur mnr. Arthur Roden gevang op mnr. Frits Steenkamp se plaas waar 'n rooibok vermoedelik deur die slang gevang is.

Mnr. Roden het behoorlik gespartel om dié yslike luislang te vang. Hy sê dat hy bang was dat die luislang sy maaltyd, wat hul vermoed ‘n rooibok is, sal uitspoeg. Gelukkig het die slang sy ete ingehou.

‘n Luislang is geneig om sy ete uit te spoeg as hy gesteur word in ‘n poging om vinniger weg te kom.

Mnr. Steenkamp het nie net rooibokkies nie, maar ook swart rooibokke wat ongeveer R10 000 per bok kos.

Mnr. Roden het die yslike Suid-Afrikaanse rotsluislang by Bush Fellows Lodge vrygelaat en sê hy dat dit nie algemeen is om ‘n luislang van hierdie lengte in die area te sien nie. Hy sê dat hy die volgende oggend fotos van die lodge ontvang het van die luislang wat slegs 50 m aangeseil en tussen dik sekelbos skuil. Hy bedank mnr. Fanie Nortjé wat toegelaat het dat die slang by Bush Fellows vrygelaat kon word. Die meeste mense soek nie ‘n slang van hierdie lengte op hul plase nie, aangesien hul geneig is om bokke en veral rooibokke te vang.

Mnr. Roden vertel dat hy die verlede week ook ‘n luislang van ongeveer 2,1 m gevang het by mnr. Steenkamp se plaas, waar die luislang in die plaaswerkers se hoenderhok ingeseil het na hy ‘n hoender gevang het. Terwyl mnr. Roden dié luislang gevang het, het die slang die hoender uitgespoeg. “Hierdie luislang het ‘n paar bosluise opgehad wat ek verwyder het voor die slang gevoer en by Schuinsdraai Natuurreservaat vrygelaat is”.

Die Suid-Afrikaanse rotsluislang is gelys as bedreig in die nuutste Suid-Afrikaanse Rooidataboek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button