News

Blink toekoms vir Vallei luiperds

Kamerastrikke en navorsing deur 'n student van Australië wys dat daar 'n gesonde luiperdbevolking by die Loskop Natuurreservaat is.

Volgens Declan Morris (24), ‘n student van Adelaide, Australië, wat tans sy doktorsgraad in Veeartsenykunde in Suid-Afrika doen, dui vroeë resultate daarop dat daar “‘n gesonde aantal luiperds by die Loskop Natuurreservaat is.”

Gedurende die afgelope jaar het hy sewe volwasse luiperds met GPS-halsbande toegerus om hul omvang in die area te bepaal en hul bewegings om die reservaat na te spoor. Hy het dié week gesê dat dosyne luiperds in die gebied opgespoor is wat ‘n gesonde bevolkingsgrootte voorgestel het.

Hy het ook honderde foto’s vasgelê deur kamerastrikke wat oor die reservaat geplaas is en het gesê dat hy die komende week die volledige verslag oor sy bevindinge sal verskaf.

Sy bevindinge is baie meer positief as dié van die Soutpansberg-bergreeks in Limpopo, waar die luiperdbevolking in dié streek van Suid-Afrika, eens dig bevolk was deur dié groot katte. Wetenskaplikes het Woensdag gewaarsku dat hierdie luiperd bevolking ineenstort en binne ‘n paar jaar uitgewis kan word.

Onwettige stroping van luiperds in die Soutpansberg-bergreeks het hul getalle met twee derdes in die afgelope dekade verminder, het navorsers in die Royal Society Open Science Journal berig.

‘n 2008-sensus van luiperds in die 6 800 km² Soutpansberg area het ‘n robuuste bevolking van byna 11 volwasse katte vir elke 100 km² gevind.

Om uit te vind hoe die karnivore sedertdien gevaar het, het Williams en sy span vier dosyn bewegingsgeaktiveerde kameravalle regoor die gebied opgestel en hulle van 2012 tot 2016 in plek gestel.

Die kameras het gedurende die periode van vier jaar altesaam 65 individuele luiperds ‘gevang’: 16 volwasse mannetjies, 28 volwasse vroutjies en 21 jonger katte.

Hulle het ook agt volwassenes met GPS-halsbande toegerus om hul bewegings op te spoor, of die gebrek daaraan.

Slegs twee van die GPS-gemerkte luiperds het die moniteringstydperk oorleef. Drie is deur strikke gevang, een is geskiet deur ‘n plaaslike inwoner wie se beeste aangeval is, en twee word vermis, waarskynlik doodgemaak, aangesien hulle ook van kameratoesig verdwyn het.

Die studie het afgesluit met ‘n statistiese analise van die resultate wat getoon het dat daar “‘n afname van 66% oor ‘n tydperk van net meer as sewe en ‘n half jaar” is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button