Getroue werker doodgesteek
Die berigte van ’n “plaasaanval” waarin “’n blanke vrou” vermoor is, is onwaar.
Die vrou van Roossenekal wat vermoor is, was vir dertig jaar ’n getroue werker op die plaas Paddadam naby Roossenekal.
Griet Mahlangu (78) het reeds afgetree, maar was alleen op die plaas toe sy deur twee onbekende mans aangeval is.
Haar kleindogter het op haar liggaam afgekom.
Die Roossenekal omgewing word geteister deur misdaad met twee plaasaanvalle verlede week.
Lorraine de Lange is op 6 Mei buite haar ouerhuis oorval. Haar aanvallers het probeer om in die huis in te kom en sy is buite rondgesleep.
Haar dogtertjie se gille het haar ouma tot aksie laat oorgaan. Sy het me. De Lange se pa, Jan Potgieter, gebel wat blitsig op die plaas was.
Die aanvallers het met sleutels en ’n selfoon gevlug.
Op 9 Mei het twee gewapende mans vir Christine Ackerman en Ella Swaedi oorval en vasgebind.
Die mans het die huis gestroop en onder andere met wapens en ammunisie gevlug.
