News

Loskopdam kan dalk oorloop

Loskopdam kan dalk voor die einde van die week oorloop!

Inwoners in die omgewing het vanoggend gesien hoe water stadig maar seker oor die wal begin stoot.

Die wal word nie deur sluise beheer nie, maar het ’n natuurlike oorloop wat vir ’n groot skouspel sorg.

Inwoners ruk in hulle duisende na die dam op en daar heers ’n karnavalatmosfeer by die damwal.

Met goeie reën wat in die Middelburg omgewing geval het, loop die Klein Olifantsrivier sterk en daar is nog water na Loskopdam op pad.

’n Vol Witbankdam het die Olifantsrivier gevoed wat ’n sterk inloop na Loskop verseker het.

Twee maande gelede het inwoners bekommerd toegekyk hoe die dam se watervlak dag na dag daal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button