News

BMW X5 laasnag gesteel

’n BMW X5 is laasnag in Lee Enfieldstraat (Dennesig) gesteel.

Mnr. Jacobus Booysen sê sy BMW (registrasienommer HVT030NW) het in die erf gestaan en toe hy vanoggend buite kom, was die voertuig skoonveld.

Hy vertel dat hy soms uitgaan as daar noodroepe is van die Kanonkop/Dennesig/Middedorp radiogroep.

Omstreeks 04:45 was daar ’n noodroep dat iemand gehelp moet word in Njalastraat.

“Ek is na buite om met my BMW te ry om te gaan help, maar toe ek daar kom, was die voertuig weg.”

Die booswigte het oor die hek geklouter, aan die binnekant die hekmotor buite aksie gestel, waarop hulle die hek oopgeskuif en die voertuig gesteel het.

Mnr. Booysen sê hy het geen idee hoe hulle die voertuig aan die gang gekry het of toegang gekry het tot die voertuig nie, want daar was geen glasstukkies dat hulle moontlik ’n venster kon gebreek het nie.

As enige persoon die voertuig opmerk, bel mnr. Booysen by 072 949 6688.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button