News

VIDEO – Vuil water vloei deur Kanonkop en Dennesig krane

Dennesig en Kanonkop inwoners kla verskriklik oor dié woongebiede se dalende waterkwaliteit.

Die water wat uit krane tap is vuil en ondrinkbaar en twee gesinne in Rhodeslaan, Dennesig, het nou breekpunt bereik.

Mnr. Jopie de Beer sê dit help nie om die krane te bloei nie, “want hoe langer die water tap, hoe swarter word dit”.

Sy buurvrou me. Petro Beiling, sê dat sy vroeër die week wat geblyk het om ’n wurm te wees, in haar wasbak sien dryf het.

“Ek was net té laat om ’n foto te neem voordat die insek by die drein afgesuig is,” sê me. Beiling.

Volgens die munisipaliteit was daar tot drie jaar gelede geen probleme met die woongebiede se watertoevoer nie, maar nou begin die pype bars.

Reg langsaan die Beiling woning in Rhodeslaan, by die huis van die De Beer gesin, lyk die water só.

Dié woongebiede het in die 70’s tot stand gekom en die waternetwerk is verouderd met kleppe wat vassit weens die feit dat daar nooit aan gewerk is nie.

Vuilgoed pak by die problematiese kleppe vas en die munisipaliteit sê dat dit moontlik die oorsaak van die toevoer na Rhodeslaan kan wees.

Deeglike aandag word die afgelope paar maande aan die probleem gegee, sê die munisipaliteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button