News

Opvolg: Man wat skoolhoof besteel gevonnis

Die man wat by Laerskool Staatspresident C.R. Swart se administratiewe kantore ingeloop en die skoolhoof se skootrekeneaar gesteel het, Thapelo Masilela (26), is in die Middelburg Landdroshof gevonnis.

Masilela het in 2015 nie net die hoof, mnr. Pieter Fouché, se rekenaar gesteel nie, maar ook ’n huishulp in Dennesig verkrag.

Hy is uiteindelik skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, verkragting en die diefstal van ’n selfoon en skootrekenaar.

Lees vorige storie hier: Video: Arrogant thief steals principal’s laptop

Videomateriaal wat www.mobserver.co.za aan die hof beskikbaar gestel het, wys hoe Masilela verby leerlinge loop en sonder om te blik of te bloos na die hoof se kantoor stap waar hy die rekenaar verwyder.

Hy is tot effektiewe gevangenisstraf van vyftien jaar gevonnis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button