News

Wie se Fortuner het muur omgery?

’n Metaalblou Fortuner het vanoggend die hekke en mure omgery van ’n huis in Mercury Singel, Mineralia.

Die persoon het presies om 02:06 met ’n geweldige spoed die hek getref en die hele muur saamgesleep. Die afdak is ook beskadig.

Me. Mariaan Loedolff sê die persoon het egter daarna net eenvoudig in trurat uitgestoot en weggery.

Een van die buurmanne het by sy venster uitgeloer en gesien dat ’n metaalblou Fortuner by die erf uitstoot.

Me. Cornelia Noortman sê sy was omtrent daardie tyd ook op, aangesien sy pille vir hoofpyn gedrink het. Sy het die slag gehoor en by haar venster uitgeloer, maar kon net die truratligte van die voertuig sien en is daarna met die ander ligte verblind.

Me. Loedolff is uiters omgekrap, want sê buiten die skade van sowat R100 000, het haar man, Nico, ook geweldig geskrik en hartkloppings gehad. Mnr. Loedolff het verlede jaar ’n hartoperasie ondergaan en vroeër vanjaar ’n pasaangeër ook gekry.

Die voertuig moet beslis skade hê en enige persoon met inligting kan me. Loedolff bel by 071 463 0842.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button