News

Koedoebul vrek na trop honde hom jag

Belfast boere sê die polisie doen niks om hulle te help om onwettige jag met behulp van hondetroppe op hul plase te stop nie.

Maandagaand is ’n trofee koedoebul op die plaas Bospoort van mnr. Frik du Toit dood weens uitputting nadat die bok vir ’n trop honde moes vlug. Sy dogter Annelie het skote afgevuur en die honde het laat spaander maar die koedoebul was toe reeds so uitgeput, dat hy gevrek het.

Sy buurman mnr. Francois Haarhoff sê dis ’n geweldige probleem en dat hyself al drie mans met ’n trop van 20 honde aangekeer het, maar die polisie hulle nie wou aankla nie.

Gerhard Verdoorn, verbonde aan die Griffon Gifinligtingsentrum sê dis landswyd ’n probleem maar ’n pandemie in die Oos Kaap en Pongola.

Hy maan boere om nié op die jagters en hul honde te skiet nie, omdat die jagters geneig is om die boere dan te verkla vir poging tot moord.

Hy sê die honde kan wel afgemaai word, maar net in die teenwoordigheid van ’n polisielid of die parkeraad.

• Lees die volledige berig in die Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button