News

Blou-en-groendruppelprojek: Middelburg se drinkwater skoon, maar rioolwater nie

AfriForum het die afgelope naweek Middelburg se watergehalte as deel van die burgerregtewaghond se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets.

Uitslae het aangedui dat die drinkwater skoon is, maar dat die rioolwater nie aan gestelde standaarde voldoen nie.

“Ons kon vasstel dat Middelburg se drinkwater skoon is en geen swaarmetale bevat nie, en dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan die watergehalte egter deurlopend toets om te verseker dat inwoners se grondwetlike regte ten alle tye beskerm word,” sê Johan de Beer, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Die burgerregte-organisasie het egter sy kommer uitgespreek oor die rioolwater wat nie aan gestelde standaarde voldoen nie.

Joekie Combrink van die plaaslike tak.

“Daar sal dringend aandag aan rioolaanlegte geskenk moet word. AfriForum beplan om so spoedig moontlik ondersoek in te stel en die nodige stappe daarna te neem,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

“Ons versoek Middelburg se inwoners om aan AfriForum die mandaat te gee om die watergehalte voortdurend te moniteer. SMS “Middelburg” na 45350 (R1) om dié aksie te ondersteun.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button