Gifgooiers agter motorfietse aan
Gifgooiers wat duidelik agter motorfietse aan was, het gisteraand in Kanonkop én Dennesig toegeslaan en ’n hond vergiftig.
Omstreeks 23:00 is ’n inwoner van Jakarandastraat gewek met die geblaf van sy hond.
Die oomblik toe hy sy voordeur oopmaak, het hy die boosdoeners in sy erf opgemerk. Hulle het egter gevlug in Dennesig se rigting toe hulle hom sien.
Kort hierna het hy die gif voor in sy erf gevind en ook gesien dat sy motorhuis reeds oopgebreek is.
Alle aanduidings was dat hulle agter sy motorfiets in die motorhuis aan was. Sy hond was gelukkig aan die agterkant van die huis en kon nie die gif inkry nie.
• Sowat ’n uur later het waarskynlik dieselfde groep in Colleylaan (Dennesig) toegeslaan.
Lees verwante stories hier: Twee honde vergiftig
Die motorhuis is halfpad oopgebreek vir die motorfiets, maar die huismense het ook wakker geword en die groep het in die die rigting van die Loskopdampad gevlug.
• Vroeg vanoggend is verneem dat ’n rifrug in Helen Josephstraat (Dennesig) ook deur die loop van die nag vergiftig is.
Die gesin vermoed die booswigte was agter hul vierwielmotorfietse aan. Alle aanduidings is dat dit dieselfde groep is wat ook daar toegeslaan het.