Moenie sosialemedia swaap wees nie…
Terwyl vals nuus webtuistes nou in die kollig is, is dit nie die enigste bron van negatiewe propaganda nie.

Dié vals propaganda is veral gemik op die ANC regering en President Jacob Zuma en ook valse rasse insidente wat groepe teen mekaar opsweep.
Daar’s min mense wat nié WhatsApp het nie, en dié sosialemedia platform is baie gewild vir valse nuusflits verspreiding, soos die waarskuwing wat tans die rondte doen en mense maan om Vrydag eerder met die Sannas op die deur gemik in hul huise te skuil.
Die boodskap wat nou rondgestuur het twee maande gelede ook die netwerke aan die brand gehad.
Dit is alles ’n klomp snert.
Die boodskap, verbatim gepubliseer op www.mobserver.co.za lees:
“Bly van die paaie af Vrydag ernstige beroep, polisie het nou net in ons cpf meetings dit deurgegee die swartes gaan oorlog maak op die paaie teen die wittes…
Ontvang via whatsapp groep Road Accidents & Hazards – neem asb notisie = Hier is n nuwe waardering vir die 6de en die 7de.
Die optogte word wel landwyd gefinansier en die gelde om die mense om te koop om aan hierdie optogte deel te neem, is glo reeds oorbetaal.
Dit beteken dat ons wel ’n hele klomp onwettige optogte kan verwag en dat hierdie optogte, alhoewel dit nie teen die blankes gemik is nie, kan dit gewelddadig word.
By elke groep optog lede sal daar radikalis wees wat die geweld en misdaad in die optog kan aanblaas.
Dit sal dus slim wees om uit hierdie optogte se pad te bly. Hierdie optog is polities gemotiveerd en die doel is om die land dermate/sodanig van Chaos te dompel sodat die regering gewin kan word om ’n noodtoestand af te kondig.
Wanneer die regering ’n noodtoestand afkondig, sal dit vir Zuma in staat stel om meer drakonies op te tree en dit sal op sy beurt weer veroorsaak dat die bevolking meer en meer in opstand kom.
Al twee hierdie denkrigtings word skynbaar deur Soros organisasies gedryf en hulle betaal en finansier albei kante met geld om te doen wat hulle wil doen..
Die uiteinde is dat ons ekonomie wel tot stilstand gewing kan word en dat ons Rand ’n groot knou gaan kry.
Die Soros groep het van die begin af nie van Zuma gehou nie en hulle gaan nou ’n einde aan sy bestuur maak. Ons probleem is dat dit nie oornag gaan gebeur nie en die proses waarvolgens dit gaan gebeur, sal vir ons ekonomie, baie stabiliserend wees.
Ons raad vir die 6de en 7de. Bly uit hierdie mense se pad uit. As jy gaan werk en hoor dat die optog in jou rigting kom, maak toe en beweeg tot buite hulle trefafstand tot hulle veilig verby is.
Moenie by plekke verby ry waar daar klippe oor die pad gepak is nie. Wanneer jy iewers heen ry en groepies mense op straathoeke sien staan wat fluit wanneer jy verbyry, verander jou roete onmiddellik deur ‘n U-draai te maak en terug te ry van waar jy gekom het.
Die politiek gaan van nou af meer en meer onstabiel word, en ons moet nou begin wakker word om nie onnodig seer te kry nie.
DIE INLIGTING IS GEVERIVIEER julle kan dit na julle groepe aanstuur so gou moontlik. Dankie. Groete!”.
Dié waarskuwing is vals en die verspreiding daarvan kwaadwillige panieksaaiery.
