News

Skole rugbyspeler slaan jong man met bottel

’n Briljante rugbyspeler van Hoërskool Middelburg en twee van sy maats was in ’n geveg betrokke waartydens ’n 21-jarige man se kakebeen afgeslaan is.

Die rugbyspeler het saam met sy maats uit die koshuis geglip en by die Malibu Club gaan kuier.

Hoe die geveg verloop en waar dit begin het, verskil volgens die twee partye.

Aan die een kant is daar bewerings van provokasie en ’n onderonsie wat al vroeër by ’n ander kuierplek begin het en aan die ander kant is dit ’n bende-aanval op ’n onskuldige man.

Die betrokkenes het geweier om hulle indentiteit bekend te maak.

Tydens die geveg is die jong Middelburg inwoner glo deur twee mans vasgedruk en is hy so erg met

’n bottel aangerand, dat die skade in ’n Pretoriase hospitaal herstel moes word.

Die voorval is deur die hoof van Hoërskool Middelburg, mnr. Johan Stronkhorst, bevestig. Hy het gesê dat daar reeds ’n dissiplinêre verhoor was en dat die rugbyspeler teruggestuur is na sy ouerhuis in die Kaap.

Die seun sou waarskynlik vanjaar vir die Pumas in die Cravenweek uitgedraf het.

Hy was een van die sterre tydens die Classic Clash kragmeting tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg.

•Intussen maak die voorval steeds opslae waartydens ’n eerstespan speler van HTS Middelburg ’n skeidsregter met die skouer geloop het tydens ’n wedstryd teen Nelspruit. Mnr. Ricus van der Hoven, ook ’n dominee, het gesê dat hy met sy rug na die speler gedraai was. Hy is intussen gevra om ’n verslag oor die voorval op te stel.

•Die jong voorspeler, wat nooit by enige voorvalle betrokke was nie, sou voor ’n tugkomitee verskyn.

•Nog twee voorvalle waar skoolseuns skeidsregters aangeval het, het die afgelope paar weke in die provinsie plaasgevind. In een geval is is ’n skeidsregter gestamp en in die ander het ’n o/14 speler so dreigend geword dat hy van die veld gejaag is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button