Sekspes teister vrou met vieslike boodskap
Mcdonald is weer los! Die dorp se berugste sekspes het weer ’n vrou geteister.
Willem Mcdonald is al verskeie kere vantevore verkla, nadat hy vroue seksueel geteister het.
Hy het op ’n tyd ’n kondoom in ’n vrou se kar gegooi en ’n seksvoorstel aan haar gemaak.
’n Ander keer het hy notatjies geskryf met seksvoorstelle en dit in vroue se windveërs geplaas by restaurante.
Mcdonald is al skudig bevind dat hy homself aan ’n vrou ontbloot het, terwyl hy besig was om op ’n huis se stoep te masturbeer.
Nou het hy kru-seksvoorstelle op Facebook teenoor ’n vrou gemaak.
Hy skryf “ek hou baie van jou j!!& sex vrou” hy vertel dan in grafiese detail wat hy met die vrou wil doen.
Toe www.mobserver.co.za hom kontak het Mcdonald gesê dat hy deurmekaar was weens bloeddruk en hartpille wat hy gedrink het.
