News

VIDEO: Man klou verbete aan motoris se enjinkap

’n Motoris het Dinsdagmore op ’n vreemde wyse weer kontak gemaak met ’n ou skoolvriend toe die vriend skielik op die enjinkap van ’n ander motoris verby hom ry.

Mnr. Donovan Barnard, eienaar van die plaaslike ChesaNyama restaurant sê dat hy sy skoolvriend tien jaar laas gesien het en toe skielik weer Dinsdagmore op die enjinkap van ’n wit motor.

Hy sê dat sy vriend in ’n ligte botsing met ’n ander motoris was en dat die motoris van die toneel af wou wegry.

Dis toe dat sy vriend op die man se enjinkap spring en saamgery het, totdat mnr. Barnard daarin kon slaag om die motoris met sy bakkie van die pad af te dwing.

Mnr. Barnard ken sy vriend net as Tommy.

Die betrokkenes is tans by die polisiestasie om verklarings af te lê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button