News

Video: Met boot gejaag om mense te red

’n Oud Middelburg inwoner wat nou in Knysna woon, het op Facebook gepleit vir gebede vir Knysna.

Jongste nuus 15:15 – See te rof om vasgekeerde mense met boot te bereik

Die seekondisies was te rof vir me. Turpin om vasgekeerde mense met haar boot te bereik.

Sy het per boodskap gesê dat Belvedere en Brenton on Lake in vlamme is en dat mense by Brenton on Sea by die hotel wag vir ontuiming.

Die nasionale seereddings instituut is met ’n rubberboot in die rowwe see uit om die mense te bereik.

“Ons kort al die gebede wat ons kan kry” het me. Turpin gesê.

Oorspronklike berig 14:20 – Met boot gejaag om mense te red

Charlene Turpin, ’n oudleerling van Hoërskool Middelburg, kon net vlugtig met www.mobserver.co.za praat, omdat sy met ’n boot moes jaag om mense wat êrens langs die Knysnameer deur vlamme vasgekeer was, te gaan red.

 

https://www.facebook.com/charlene.turpin.1/videos/10155271133405539/

 

 

Sy sê dat daar tans agt vure buite beheer woed, wat vererger word deur die huidige stromwind in die Kaap. Sy sê dat vlamme tot so hoog soos 15 meter brand en dat daar al huise en plase in die slag gebly het. Die vure het glo in die nag begin.

Me. Turpin het op Facebook gesê dat Knysna in vlamme opgaan en dat mense dringend moet bid vir reën.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button