News

Wees gewaarsku: Rowers wag langs N4

Rowers met pangas wag motoriste langs die N4 in naby The Rose tolhek.

Die aanvallers gooi iets skerp op die pad om voertuie tot stilstand te dwing, daarna slaan hulle ’n venster uit, sleep die slagoffer tot waar dit stil is en stroop hom van al sy besittings.

’n Paadjie na die N4 wys dat die rooftog deeglik beplan en uitgevoer word.

Die jongste slagoffer was mnr. Carel du Preez (50) van Middelburg.

Hy is met pangas gekap en na ’n bos gesleep, nadat sy bakkie sowat 500 m vanaf die tolhek gaan staan het met ’n pap band.

Die rowers het sy venster flenters geslaan en hom aan sy voete beetgekry, waarna hy uit die bakkie gesleep is.

Daar was ses aanvallers wat hom oor die hoofweg gesleep het, deur doringdrade tot agter rotse.

Al sy besittings wat hy by hom en op sy bakkie gehad het is gesteel.

Die Boschkop Polisie het vir mnr. Dy Preez gesê dat verskeie soortgelyke voorvalle al daar plaasgevind het.

Hy het kapwonde op sy bene en sy arm. Sy neus en verskeie van sy ribbes is gebreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button