News
Video: Man gemartel deur polisie
Corrie la Cante (36) beweer hy is deur die polisie gemartel vir inligting nadat ’n trok voor sy woonstel gesteel is.

Luister hoe hy vertel van die gebeure in speurders se kantoor.
Sy marteling herinner aan die apartheidsjare toe veiligheidspolisiemanne van die sogenaamde “wet bag” metode gebruik gemaak het. Sien die video wat destyds op televisie vertoon is.
Net soos in La Cante se geval is ’n sak oor slagoffers se kop getrek en hulle tot op die punt van versmoring gebring.
Die slagoffers bevuil hulself gewoonlik.
Dit is al honderde kere deur polisiemanne gebruik om inligting uit mense te dwing.
La Cante se volledige verhaal kan gesien word in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
