Gondar Shellhole gasheer vir Moths se 90 ste
Gondar Shellhole is Saterdag die gasheer vir die Moths se 90 ste verjaardag.
Dit is die eerste keer in die Gondar Shellhole se geskiedenis dat ’n geleentheid van dié aard hier aangebied word. Gondar Shellhole bestaan sedert 1945.
Dié Coalfields Distrikparade begin om 09:30 op die hoek van Gilfillan en Viljoenstraat. Die straat sal vir die duur van die parade gesluit wees.
Volgens Old Bill Koos Kleinsmith (Gondar Shellhole) sal die parade begelei word deur die polisie-orkes, gevolg deur die vaandeldraers, die Moths, asook ’n polisiepeloton.
4SAI Btn sal met Casspirs die pad afsper tydens die parade.
Tydens die parade sal Nasionale Old Bill van die Orde, Andy Boden gedenk lapelwapens aan die Moths op parade oorhandig.

Na hierdie oorhandiging sal die eregaste kranse lê in herinnering aan alle afgestorwe uniformdraers.
Die verrigtinge word afgesluit met die Aandsinjaal.
Van die eregaste by die geleentheid is onder andere Nasionale Old Bill Boden, die provinsiale Old Bill Dave Verry en die Distrik Old Bill Len Bowler.
Die polisie word verteenwoordig deur: genl. Lilian Lentsoane (polisie se nuwe groepbevelvoerder, kol. Manus Oosthuizen (Vispol bevelvoerder), luit-kol. Singh (Polisie-orkes) en kol. Moshego (Middelburg Polisiestasie,
Na afloop van die formele verrigtinge sal verversings by die Gondar Shellhole saal (hoek van Wanderers- en John Magagulastraat) bedien word, waarna ’n braai vir lede gehou sal word.
Vir enige navrae, bel Old Bill Kleinsmith 071 678 1314.
