News

Opvolg: Uiteindelik gehelp

Bykans ’n week nadat ’n man in ’n hinderlaag ingelei is op die N4, kon hy uiteindelik ’n saak open.

Mnr. Carel du Preez (50) het sedert die aanval op die N4 naby die The Rose tolhek gesukkel om ’n saak te open, nadat hy aanvanklik op Middelburg weggewys is en aangesê is om ’n saak te gaan open by die naaste polisiestasie waar dit gebeur het.

Daar is na alle waarskynlikheid iets skerp op die pad gegooi, waarna sy wiel gebars en hy deur ses rowers in sy bakkie oorval is.

Hy is onder andere met pangas gekap, aangerand en die booswigte het ook bo-op hom gestaan.

Wees gewaarsku: Rowers wag langs N4

Mnr. Du Preez se neus en verskeie ribbes is gebreek en hy het kapwonde op sy een arm en beide bene opgedoen.

• Vroeg hierdie week het die Middelburg Polisie hom gehelp om ’n saak te open.

Mnr. Du Preez wil graag die Observer, asook die polisielede bedank wat hulle hierdie week bygestaan het om ’n poging tot moord en diefstalsaak te kon open.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button