News

‘Liefdevolle’ pit bulterriër val vrou aan

’n Vrou het steeds oop wonde wat bykans daagliks skoongemaak moet word nadat sy deur haar broer se geliefde pit bulterriër aangeval is.

Me. Charlene Strydom (36), ’n finansiële adviseur van Euvada Financial Services, is gister uit die Steve Biko Hospitaal (Pretoria) ontslaan, nadat sy vir ’n paar dae vir ernstige bytwonde behandel is.

In ’n Facebookboodskap vertel sy hoe hartseer dit is dat haar broer se pit bulterriër, van sowat twee jaar oud wat saam met haar kinders groot geword het, haar aangeval het.

“Dit is ’n verskriklike skok, maar dit is net weer ’n waarskuwing aan mense. Ja ek weet dit is ’n pit bulterriër en dit is veghonde, maar dit kon enige hond gewees het. Jou eie hond kan jou aanval! Ek moet mense bewus maak daarvan,” het sy gewaarsku.

Sy het uitgebrei en gesê sy weet van twee onlangse voorvalle waar daar onder andere een geval was waar ’n Labrador sy eie mense aangeval het en ’n ander geval waar ’n Rottweiler een van sy huismense gebyt het.

Me. Strydom het verby die hond geloop by haar broer se huis, waarop hy haar van voor af aangeval het.

“Ek het aanvanklik gedink dit is dalk my nuwe haarverlengings wat vreemd was, maar hy ken tog my stem.” Sy sê hulle het later gesien die teef op die erf is op hitte, wat moontlik die aanval aangewakker het.

Me. Charlene Strydom toe sy al beter begin voel het na die aanval.

Sy vertel dat die aanval sowat 10 minute geduur het, voordat ’n buurman die hond van haar af kon wegkry deur hom met ’n graaf te slaan.

Me. Strydom is per ambulans eers na die Eugene Marais Hospitaal geneem, maar kort daarna oorgeplaas na die Steve Biko Hospitaal.

Van die wonde is met steke geheg, maar die res moes oop bly om infeksiebeheer te doen deur middel van dreineringsbuise.

Me. Strydom gaan Donderdag weer terug hospitaal toe om die wonde te laat skoonmaak en het genoem dat sy later dalk veloorplantings moet kry.

Sy noem dié voorval op Facebook: “’n onverwagte nagmerrie” wat sy nie aanvanklik met ander wou deel nie.

Kort na haar opname in die hospitaal waar van die wonde duidelik sigbaar is.

“Maar ek gaan, want ek wil ’n boodskap vir elk een daar buite gee. God is groot. Die duiwel het gedink hy kan wen deur op ’n wrede manier my siel te neem. Ek is God se kind en Hy sal nooit dat dit gebeur nie. Hy maak my sterk, gee my krag en beskerm my elke dag teen die bose.”
Sy het almal bedank wat vir haar bid en positiewe boodskappe stuur. “Ek voel sterk en sal ’n sterker mens hier uitstap as wat ek was.”

Me. Charlene Strydom soos familie en vriende haar ken.

• Haar broer se pit bulterriër is na die Pretoria Dierebeskermingsvereniging geneem. Me. Strydom sê sy glo hulle het die dier uitgesit.

• Me. Strydom is ’n bekende gesig in Middelburg en was Februarie weer hier waar sy as finansiële adviseur werk gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button