News

Pelgrimsman gesoek

Daar word gesoek na die man wat soos Moses van ouds met ’n staf rondloop en ou-testamentiese klere dra.

Herman Rhoode (48), ook bekend as “Udai” en “Alto-Dei” is waarskynlik in die Stoffberg omgewing en sy familie vra dat hy hulle dringend moet kontak, omdat sy ma oorlede is. Boere in die omgewing het hom onlangs in dié omgewing gesien.

Mnr. Rhoode se neef, Mossie Weyers (hy ken hom as Hendrik) en sy vrou, Adri (Adriana) het www.mobserver.co.za se hulp ingeroep omdat hulle graag wil hê dat hy sy ma, Delene Rhoode, se begrafnis moet bywoon.

Alto-Dei is voorheen in Middelburg opgemerk waar hy in ’n blou en oranje gewaad met ’n staf rondloop.

Me. Weyers sê hy dra egter al meer as ’n jaar net wit klere en mense sal hom daaraan kan uitken.
Hulle vra enigiemand wat hom dalk iewers gewaar om vir Adri te kontak by 079 107 0317 of sy broer, Regde Rhoode by 082 883 6503.

• Hy is Afrikaans magtig, al praat hy in ’n vreemde taal, wat hy glo Latyns, Gries of Hebreeus is.

• Lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer meer oor dié interessante man, wat al vir jare op sy eie pelgrimstog is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button