News

Pelgrimsman gesoek

Daar word gesoek na die man wat soos Moses van ouds met ’n staf rondloop en ou-testamentiese klere dra.

Herman Rhoode (48), ook bekend as “Udai” en “Alto-Dei” is waarskynlik in die Stoffberg omgewing en sy familie vra dat hy hulle dringend moet kontak, omdat sy ma oorlede is. Boere in die omgewing het hom onlangs in dié omgewing gesien.

Mnr. Rhoode se neef, Mossie Weyers (hy ken hom as Hendrik) en sy vrou, Adri (Adriana) het www.mobserver.co.za se hulp ingeroep omdat hulle graag wil hê dat hy sy ma, Delene Rhoode, se begrafnis moet bywoon.

Alto-Dei is voorheen in Middelburg opgemerk waar hy in ’n blou en oranje gewaad met ’n staf rondloop.

Me. Weyers sê hy dra egter al meer as ’n jaar net wit klere en mense sal hom daaraan kan uitken.
Hulle vra enigiemand wat hom dalk iewers gewaar om vir Adri te kontak by 079 107 0317 of sy broer, Regde Rhoode by 082 883 6503.

• Hy is Afrikaans magtig, al praat hy in ’n vreemde taal, wat hy glo Latyns, Gries of Hebreeus is.

• Lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer meer oor dié interessante man, wat al vir jare op sy eie pelgrimstog is.

Back to top button