News

Dapper polisieman sterf jare na rowerkoeëls hom tref

Hy was ’n voorslag polisieman, het vir niks gestuit nie, vele arrestasies saam met sy hond Simba uitgevoer...maar toe tref sewe rowerkoeëls hom op 24 Junie 1994.

Adjudant offisier Rudi Botha het nie geskroom om die gevaarsone in te stap toe hy hoor sy suster Adri word as gyselaar aangehou tydens ’n rooftog by die Checkers op Witbank nie.

Terwyl hy die gebou ingestap het, het die koeëlreën uit ’n AK47 hom getref. Hy was meer bekommerd oor Simba se welsyn as sy eie en is eers na buite om te sien of sy hond nie getref is nie.

Dit is toe dat hy sien die bloed drup uit sy koeëlvaste baadjie.

Simba was ongedeerd, maar adjudant offisier Botha het sedert daardie dag met sy gesondheid gesukkel en hy is Sondagoggend in die Unitas Hospitaal in Pretoria oorlede.

Familielede sê toe hy by die polisie navraag doen oor vergoeding is daar aan hom gesê “gaan haal jou geld by die mense wat jou geskiet het”.

Sy oudste dogtertjie, Mardi (13) beskou haar pa tot vandag toe as haar grootste held.

Hy laat ook sy vrou Marinda en dogter Marli (9) agter.

Sy begrafnis vind Maandag 19 Junie om 11:00 uit die Volle Evangelie-Kruisgenerasie in Meyerstraat op Middelburg plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button