News

Dominee wou vrou ontmoet

Nog skermgrepe het aan die lig gekom van die gesprek tussen ds. Lourens du Plessis van die Gereformeerde Kerk Groblersdal en 'n vrou. Ds. Du Plessis, wat beweer dat hy afgepers word, was tot onlangs toe nog tydelik geskors.

Die stap is geneem nadat skermskote van ‘n WhatsApp gesprek tussen hom en ‘n vrou aan die lig gekom het.

Intussen het die www.mobserver.co.za  nog boodskappe tussen die partye bekom.

Na die aanvanklike skermskote, wat op 21 April aan die lig gekom het, het die kerkraad ondersoek ingestel.

Die kerkraad het op 2 Mei bevind: “Ds. Lourens du Plessis het onbehoorlik opgetree deur betrokke te wees in ligsinnige en onverantwoordelike gesprekke met ‘n duidelike seksuele ondertoon, wat moontlik as die soeke na ontug verstaan sou kon word”.

Ds. Du Plessis het erken dat hy hieraan skuldig is, maar aangedui dat hy gedink het dat iemand besig is om sy been te trek en dat hy hiertoe uitgelok is met die doel om hom af te pers.

Die kerkraad het besluit om hom aan hierdie klag skuldig te bevind en te skors tot die kerk se Nagmaalsviering op 28 Mei.

In die nuutste skermgrepe wat aan die lig gekom het, reël ds. Du Plessis en die vrou om mekaar Donderdag, 13 April, om 14:00 by Milky Lane by die Game Sentrum te ontmoet.

Die ontmoeting het glo nooit plaasgevind nie.

Tydens die aanvanklike ondersoek teen ds. Du Plessis is bevind dat die skermgrepe in die Daller se besit, nie voldoende bewyse bied om ‘n volledige prentjie van die omstandighede te skilder nie.

Die skermgrepe wat nou bekom is dui dat daar meer agter die gesprekke was.

• www.mobserver.co.za het ds. Du Plessis verskeie kere gekontak vir kommentaar, maar geen antwoord ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button