Tehuis baba sterf na berigte oor omstandighede daar
Babatjies word soos weggooi hondjies in asdromme, langs treinspore, op vullishope en in die veld op Middelburg opgetel.
Een van daardie babatjies het wonderbaarlik oorleef en ’n veilige heenkome gevind by die uMephi huis op die dorp.
Die dogtertjie is langs ’n treinspoor weggegooi. ’n Voetganger het ’n gekerm gehoor en haar daar tussen koerantpamflette gekry, waar sy geveg het om in die koue nag te oorleef.
Sy is na uMephi geneem wat spesifiek begin is om vir sulke babatjies ’n heenkome te bied,
Maar nou het die mooi storie in ’n nagmerrie verander.
Die land se ekonomiese situasie het gemaak dat die Kabot Tehuis op eMahalaleni gesluit het.
Die AGS Neo Doxa kon die tehuis nie meer finansieel onderhou nie.
Met die sluiting van Highveld en die verslegtende ekonomie op die dorp, het ’n reddingspoging wat die Witbank Nuus saam met sakelui begin het, nie geslaag nie.
Daardie babatjies is na die uMephi huis verskuif.
Die probleem is nou dat die Middelburg tehuis na twaalf babatjies moet omsien.
Met die maatskaplike werker, Sumari Rootman, wie se dienste deur Apostoliese Geloofsending beëindig is, het die druk te veel geword vir personeellede.
’n Foto waar ’n babadogtertjie erge brandwonde aan haar boudjies en geslagsdele opgedoen het, is deur www.mobserver.co.za gesien.
Twee personeellede en die huismoeder het die onmoontlike taak om na twaalf babatjies om te sien.
Daar is nou kommer oor die welstand van die babatjies nadat ’n seuntjie die naweek dood is.
Die oorsaak van die baba se dood moet nog bepaal word.
Lees verwante stories hier:
(Warning: Graphic Content) – Baby dumped by mother survives unscathed
Update: Baby X in place of safety
