News
Kwaza gemeenskap steek ‘dwelmhuis’ aan die brand
Die Hendrina en Kwazamakuhle gemeenskappe het Woensdag ’n sterk boodskap uitgestuur dat dwelmhandelaars nie welkom is daar nie.

Een van die berugte “dwelmhuise” wat deur Nigeriërs bewoon is, is Woensdamiddag omstreeks 15:30 aan die brand gesteek.
’n Groep Kwazamakuhle inwoners het Dinsdag na die huis toe opgeruk en die Nigeriërs ’n dag gegee om hul goed te vat en uit Hendrina te verdwyn.

Toe die Nigeriërs nie gehoor aan die versoek gegee het nie, is die huis Woensdag aan die brand gesteek.
Die huis behoort glo aan ’n Indiër vrou wat volgens gemeenskapslede onlangs talle huise in Hendrina gekoop het, en deur dwelmhandelaars gehuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
