News

Skietery was soos ’n movie

’n Movie? Nee, Suid-Afrika. Dit is Gangsters Paradise. Clint Eastwood of Charles Bronson?

Nee dit is die N4 hoofweg, dit is is Ridwaan Patel en dit is die blouligbende.

Patel het skaars by die Alzu Petroport uitgery toe ’n rooi Lumina SS hom beveel om stil te hou.

Toe die twee mans uitklim en een bly in die kar sit het Patel geweet dit is aanvallers.

Hy het soos ’n held in ’n movie sy wapen uitgepluk en gevuur toe hy by sy venster gedreig word.

Een man het dood in die pad geval en sy makker het terug gevlug na sy kar.

Maar hier raak dit soos ’n regte movie.

Patel se ammunisie was klaar, maar dit het hom nie gestuit nie.

Hy het uitgespring, die dooie rower se wapen gegryp en op die twee ander aanvallers in die kar gevuur.

Lees meer hier: Video: Suspect killed in foiled hijack attempt

Hulle het vervaard uit die voertuig gespring en die veld in gevlug.

Bloed op die passasiersitplek wys dat een van hulle gewond is.

Die mans is steeds weg.

Die man wat doodgeskiet is, is intussen uitgeken as ’n tronkvoël wat nie lank terug nie, vrygelaat is.

Hy is maar onlangs op parool vrygelaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button