Tweekondoom vryer op video!
’n Tweekondoom vryer het die dorp op hol! Nie net het hy binne 20 minute twéé kondome gebruik nie, maar boonop was dit rooi kondome wat sy ‘vriendin’ sommer by die venster uitgeskiet het.

Die amoreuse bedrywighede het Vrydagaand kort na 23:00 begin toe ’n vryer met ’n wit voertuig, na alle waarskynlikheid ’n Fortuner, ingedraai het by Speedy Tyres in Cowen Ntulistraat.

Aan die begin kan ’n mens sien dit is ’n ligtekop man wat hom gereed maar vir sekspret met ’n donkerkop vrou, na alle waarskynlikheid ’n prostituut.
In die daaropvolgende 20 minute gebeur ’n hele paar dinge, wat nie baie verbeelding nodig het om te weet wat binne aangaan nie.
Binne die eerste paar minute is die vensters toegewasem.
Maar die voorste sitplekke van ’n voertuig is nie baie goed toegerus vir buitensporige pret nie.
Op ’n stadium gaan die ruitveërs aan.
Dan word nóg ’n verkeerde knoppie raakgedruk en die passasiersvenster vlieg oop. Die meisie, wat donker hare het, druk haar hande voor haar gesig en die venster word vinnig toegemaak.
Dinge raak vuurwarm, want hy moet vinnig rem trap as die voertuig begin agteruit loop.
Die aand se bedrywighede kom tot ’n einde as die meisie haar venster op ’n skrefie oopmaak en die twee kondome by die venster uitskiet.
Kort hierna word die gewasemde ruit binne met toiletpapier skoongemaak, waarna ook dit by die venster uitgegooi word en hulle wegry.
Wat personeel van die besigheid dronkslaan is dat die twee in die voertuig nie omgegee het dat daar mense by die voertuig verby loop nie en dat die gehoer en rumoer onder ’n lig plaasvind, naby kameras.

“Hy het seker geweet dat as hulle toewasem binne, sal ’n mens nie veel kan sien nie!” is vies gesê.
