News
Boervrou op plaas aangerand
’n Boervou is met ’n panga, ’n stok en sweep gedreig deur ’n groep mans nadat sy die oggend wakker geword het met ’n vreemde graf op haar grond.
Christa Pohl (40) het haar angswekkende oomblikke aan www.mobserver.co.za beskryf.
Sy het ’n groep mans gekonfronteer wat op haar grond oortree het en is geslaan en geskop toe sy hulle toegang deur ’n hek geweier het.
Die vorige nag is een van die hekke op die plaas gebreek deur ’n groep wat ’n familielid onwettig op die plaas begrawe het, sowat dertig kilometer oos van Middelburg.

Daar was sowat tien mans op een van die bakkies wat die volgende dag op die plaas opgedaag het.
Terwyl sy aangerand is, is daar aan haar gesê: “Ek sal jou doodmaak, al julle witmense”.
Die polisie is na die plaas ontbied maar daar het niks van gekom nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
