Opvolg: Doodskissaak nou na hooggeregshof
Die sogenaamde Doodskis Twee, Willem Oosthuyzen en Theo Jackson, se saak is van die Middelburg Steekshof na die Hooggeregshof in Delmas verskuif vir verhoor.
Die doodskissaak, waarin daar op video gesien kan word hoe Victor Mlotshwa benoud gil nadat hy in ’n doodskis ingedwing word, het groot politieke aandag geniet met luide betogings voor die Middelburg Landdroshof met hul vorige verskynings.
Oosthuyzen en Jackon staar sewe aanklagte, waaronder aanranding, ontvoering, poging tot moord en intimidasie, in die gesig.
Hul verhoor sou Maandag 26 Junie in Middelburg begin. Die staat het toe aangedui dat die Nasionale Vervolgingsgesag besluit het om die twee in die Hooggeregshof aan te kla.
Die saak is nou vir verhoor van 31 Julie tot 10 Augustus op die hofrol geplaas.
Die staat het tien getuies gelys waaronder Victor Mlotshwa en Denton Sitlole, wat beweer dat hy op dieselfde dag as Mlotshwa aangerand is.
Chane Oosthuyzen, Willem se vrou, het op Facebook op kommentaar oor die nuus dat haar man nog langer in aanhouding moet bly gesê: “Dis ongelukkig die pad wat ons stap, maar eendag sal ons verstaan.
Lees vorige stories hier:
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Ons het baie geleer en ons het ons lewe reg gemaak met God. Waar ons van dag tot dag net aan geploeter het, te besig vir God, te moeg om in die aande Bybel te lees…dalk was dit die doel, dat ons moes sien ons was op die verkeerde pad, dat mens verby mekaar gelewe het, ’n gejaag na wind.
“Dis ’n ondraaglike pad, baie trane, woede, nagte om sit oor jy nie kan slaap nie. Die onsekerheid, die seer, die leë bed, jou kinders se gesiggies wat hunker na pappa, die vrae.”
Sy sê dat baie mense hul veroordeel selfs op grond van geloof. Sy sê egter dat in plaas daarvan dat die voorval huwelike en gesinne moes vernietig, haar man nou net “dieper in haar hart ingedruk” is.
“Ek sal nie skaam wees vir my man nie. Ek het met ’n wonderlike man getrou. Ongeag wat gebeur het. Dankie aan almal vir die ondersteuning. Elkeen is geregtig op hul eie opinie maar die wat oordeel het ons net sterker gemaak.”
