News

Pasop vir straatrowers

’n Vyfjarige dogtertjie kan nie slaap nie, nadat die berugte deurrukrowers op haar ouers se kar toegeslaan het.

In die jongste voorval was die Jansma gesin slagoffers. Mnr. Henk Jansma kon eers na die derde keer sy deur toegeruk en gesluit kry.

’n Tweede rower het halflyf by die voorste passasiersdeur probeer inklim. Sy vrou en vyfjarige dogtertjie het agter gesit en hulle het gehoor hoe dié man skree hy is ’n polisieman.

Mnr. Jansma het weggejaag en die rower het uitgeval. Sy dogtertjie het die aand gesukkel om te slaap.

Hierdie is maar net een van talle voorvalle op Middelburg die afgelope vyf jaar!
Sowat twee weke gelede het die straatrowers oud-polisieman Jan van Staden se deur probeer oopruk.

Sy deur was gelukkig gesluit en die een wat aan sy deur geruk het, het deur die venster aan hom beduie dat daar iets fout is met sy agterwiel.

Mnr. Van Staden het hom laat verstaan hy stel nie belang in sy stories nie en weggetrek.

In sy truspieëltjie het hy net daarna gesien dat die deurrukker saam met ’n tweede persoon wegstap. Hy het nie eers die ander een gesien tydens die gebeure nie.

Daar word gereeld op Facebook en veiligheidsgroepe gewaarsku dat mense die slagoffers was van straatrowers.

In die meeste gevalle word dit nie eers by die polisie aangemeld nie, aangesien die mense gelukkig ongedeerd daarvan afkom.

In Maart vanjaar het die booswigte wapens gebruik om Danelle Naude (23) te dwing om haar deure oop te maak, sodat hulle haar kar kon deursoek vir waardevolle items. Hulle het doodluiters weggestap toe die verkeerslig weer groen word.

Kort na hierdie voorval het die polisie patrollies in die Sentrale Sakegebied gedoen en is selfs die berede eenheid ingespan wat die strate met hul perde patrolleer het.

• Die Observer wil graag ’n opname maak van mense wat veral in Walter Sisulustraat in die laaste jaar slagoffers was van deurrukrowers, ongeag of die booswigte die deure kon oopkry of nie.

As jy ’n slagoffer was, bel Daleen Naude by 013 243 1434 of stuur ’n e-pos na daleen@mobserver.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button