Nuusflits: 14 dood, tientalle beseer in gru botsing tussen trok en twee Sprinters op Badplaaspad
Veertien mense is reeds dood in ’n gru botsing op die Badplaaspad by Machadodorp omstreeks 08:00 vanmore.

Die pad is steeds gesluit vir motoriste sodat die polisie se forensiese eenheid die toneel kan ondersoek.
Die liggame van die oorledenes is ook steeds op die toneel, en motoriste word gemaan om die pad te vermy.
Dertien van die slagoffers, almal kontrakteurs van Franki Africa onderweg na Komati Myn, is op dei toneel dood.
Nog ’n slagoffer is dood verklaar met sy aankoms by Belfast Hospitaal.
Meer as 40 mense was betrokke in die tragedie, en meer lewensverlies word verwag.
’n Trok en twee Sprinters waarin die kontrakterus na die myn vervoer is, was betrokke in die dodelike botsing waar tientalle steeds in kritieke toestand op die toneel is.
BREAKING NEWS: 14 killed, scores injured after truck and two Sprinters collide on the Badplaas Road
’n Helikopter is ingespan om van die beseerdes hospitaal toe te vervoer.
Dit is tans nog onduidelik wat gelei het tot die ongeluk.
Hou www.mobserver.co.za dop vir verdere besonderhede oor die ongeluk.
