News

Berugte kruising eis twee lewens

Die berugte Lilian Ngoyi- en Beyers Naudestraat kruising het weer twee lewens geëis.

Oor die jare het talle jong mense hulle lewens verloor in dié berugte kruising.

Mnr. Vivian de Villiers (27) en Nathi Ncokazi (24) is albei opslag dood toe twee voertuie in die kruising gebots het.

Een van die voertuie het ’n rooi lig verontagsaam.

Mnr. De Villiers was vroegoggend op pad na sy ouers in Greylingstad toe die ongeluk gebeur het.

Sy vriendin wat saam met hom was, Annelize Botha, is ernstig beseer en word in die Life Midmed Hospitaal se intensiewe eenheid behandel vir onder andere ’n gebreekte kakebeen en pelvis, asook ernstige snywonde.

Nkosinathi (Nathi) Ncokazi, ‘n werknemer van Everest Funerals, is dood verklaar op die ongelukstoneel.

Mnre. Nkosinathi Maphenjwa (33), van Everest Funerals, wat die bakkie bestuur het, word in die Middelburg Provinsiale Hospitaal behandel.

‘n Onlangse foto van boesemvriende Dean Swanepoel en Vivian de Villiers. Vivian het Saterdagoggend in die ongeluk op die hoek van Beyers Naudé en Lilian Ngoyistraat gesterf.
Annelize Botha word in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal behandel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button