News

Video: Oud-inwoner red hond uit see

’n Oud-inwoner van Groblersdal het Sondag ’n hond se lewe gered.

Me. Siobhan Jansen van Vuuren (21), ’n oud-leerling van Hoërskool Ben Viljoen, wat tans Toerismebestuur studeer aan die Universiteit van Pretoria, is gevra om saam met die matriekleerlinge van Ben Viljoen op hul toerisme toer na Kaapstad te gaan.

Die groep het om 12:00 by The Outlook restaurant, wat uitkyk oor die hawe in Houtbaai, gesit vir middagete.

“Een van die leerlinge het geskree: ‘Kyk wat doen daai man met die hond’. Ek het dadelik die hond in die see gesien en ’n man wat met ’n staal stok in sy hand staan,” sê me. Jansen van Vuuren.

Sy vertel dat die man die hond met die stok oor die kop geslaan het en die hond aanhouded teruggedruk het onder die water wanneer die hond probeer opkom vir suurstof.

“Ek het nie eers twee keer gedink nie. Ek het dadelik my handskoene uitgetrek en by die restaurant se deur uitgestorm. ’n Aantal matriekseuns kort op my hakke,” sê me. Jansen van Vuuren.

Van die ander matriek leerlinge het op hierdie stadium hul selfone uitgehaal en ’n video geneem van die gebeurtenis.

Op die beeldmateriaal kan daar gesien word dat me. Jansen van Vuuren dadelik na die hond hardloop, terwyl een van die matriek leerlinge die man na die grond geduik het in ’n poging om seker te maak die man kan nie me. Jansen van Vuuren keer om die hond vanuit die see te red nie.

“Die hond het getjank en gehuil. Hy het erge snywonde aan sy kop gehad waar die man hom met die stok geslaan het,” vertel me. Jansen van Vuuren.

Sy het haar lewe ingevaar gestel en tot teen die see gehardloop en haar hande en arms in die koue water gedruk om die hond vanuit die water te red.

“Ek kon sommer die hond se verligting in sy oë sien toe ek hom in my arms gehad het. Hy was so bang en het baie gebewe,” sê sy.

Me. Jansen van Vuuren het die hond teruggeneem na die restaurant waar sy die bestuurder gevra het vir handoeke of komberse sodat sy die hond kan warm kry.

Sy vertel dat die matriek leerlinge dadelik daarop aangedring het om die hond saam met hulle terug te neem na Groblerdal.

Hul het egter uitgevind dat daar ’n kliniek vir hawelose diere, die DARG Domestic Animal Rescue Group, net buite Houtbaai geleë is.

Die hond is na die kliniek geneem waar hy tans aansterk.

Me. Jansen van Vuuren is deur die kliniek beloof dat hul haar op hoogte sal hou oor die hond se toestand en wanneer daar ’n goeie huis vir hom gevind is.

“My grootste hoop is net dat hierdie berig mense sal inspireer om diere beter te hanteer.”

Sy bedank ook almal wat gehelp het, veral die matriek seuns, “ek is baie trots op die matrieks se vinnige optrede en goeie gedrag,” sê me. Jansen van Vuuren.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button