News

Sakeman slaap in selle

Dolf Coetzee, die sakeman wat al twee keer vir twee verskillende sake in die hof verskyn het vir onder andere aanranding, is hierdie week wéér gearresteer.

Coetzee (eienaar van Autospares @ Dolf), het Woensdag in die hof verskyn op ‘n klagte van opsetlike saakbeskadiging.

Sy aansoek om borgtog is Donderdag voortgesit en hy moes die nag in die selle deurbring.

Teen druktyd was die hofverrigtinge nog besig.

Volgens kapt. Khanyisile Zwane (polisiewoordvoerder) spruit mnr. Coetzee se verskyning voort uit ‘n voorval waar ‘n kliënt iets gekoop het by sy besigheid.

Die kliënt het die artikel teruggebring en wou sy geld terughê, maar mnr. Coetzee het klaarblyklik geweier en hom gewys op ‘n bord dat hulle nie artikels terugneem nie.

Na wat verneem word het die kliënt sy selfoon uitgehaal om foto’s te neem.

In die daaropvolgende gebeure is die kliënt se selfoon na bewering beskadig en hy skynbaar aangerand.

• Coetzee is in Meimaand aangekla vir onder meer poging tot moord, ontvoering en aanranding na aanleiding van ‘n voorval op 21 April waar Lucky Ndlovu beweer dat hy deur Coetzee en ander mans by die spruitjie in Weeberstraat aangerand is.

Vrou sien hoe mans inbreker aanrand

Jaco Swanepoel (22) en Johannes Koster nie (69) word ook aangekla op dié saak.

• Mnr. Coetzee staan intussen verder tereg op ‘n klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging in die distrikshof.

Hy en drie ander beskuldigdes, Rudolf Daniël Coetzee jnr (Coetzee se seun), Eugene Scheepers en Sydney van der Merwe, het in dieselfde tyd wat hy aangekla is vir die saak teen Ndlovu, weer in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button