NewsUpdate

Opvolg: Man met ANC T-hemp dreig om te skiet

Wanneer jy vir maande tronkkos moet eet is daar net een ding wat op jou spyskaart is wanneer jy vrygelaat word: Braaivleis en pap!

Die sogenaamde doodskistwee is Vrydag op R1 000 borg vrygelaat en die eerste ding wat Willem Oosthuyzen die aand geëet het was braaivleis.

Oosthuyzen se jongste dogtertjie was net ses weke oud toe haar pa in hegtenis geneem is, maar het hom dadelik weer aanvaar. Sy oudste dogtertjie volg hom soos ’n skaduwee en wil net weet “of hy weer gaan weggaan”.

Die mans spandeer kosbare tyd saam met hulle gesinne nadat hulle agt maande agter tralies was.

Toe die twee Saterdagoggend hulle besittings by die Korrektiewe Dienste gaan haal het, was daar ook onder die ander gevangenes groot vreugde dat hulle borg gekry het.

•Intussen vrees ’n inwoner van Middelburg dat die mans se vrylating iets te doen het met die wyse waarop hy Sondag in die middedorp gedreig is.

Second attempt at bail for coffin case accused

’n Man geklee in ’n ANC T-hemp het vir hom ’n vraag gevra en was gelukkig met die antwoord.

Die vreemdeling het gesê as hy verkeerd geantwoord het, sou hy die onskuldige voetganger doodgeskiet het.

“Daar is ’n man daar buite wat baie kwaad is, en met die doodskistwee wat borg gekry het moet mense versigtig wees

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button