Regtig min misdaad in dorp?
Glo jy dit as daar gesê word dat daar min misdaad in Middelburg is?
Dit is wel die stelling wat gemaak word.
Die huidige parkeerstelsel is aan ander stelsels, soos “Street Eyes” erg onbekend.
Wat nog minder onverstaanbaar is, is dat dieselfde stelsel, twee jaar na die verstryking van die kontrak, nog in bedryf is.
’n Goeie parkeer bestuurstelsel kan van groot waarde wees. Veral in die lig daarvan wat tans in Middelburg gebeur, waar net geld gevat word sonder enige voordele.
’n Goeie stelsel moet:
• Verseker dat jou motor en die inhoud altyd veilig is en misdaad radikaal verminder, soos dit in die verlede die geval was.
• Daar moet plekke wees waar parkering goedkoop is as jy lank wil parkeer of as jy in die Sentrale Sakegebied werksaam is. Al die ander tariewe moet billik wees teenoor die waarde vir die geld wat gebied word.
• Die beter stelsel moet ’n kriminele voertuig kan uitwys wat in die dorp parkeer.
• ’n Voertuig wat met ’n vals nommerplaat of as gesteel gelys is, moet uitgewys kan word en daarteen opgetree word, omdat hierdie voertuie gebruik word by diefstalle en selfs plaasmoorde.
Met “Street Eyes” kan dit gedoen word.
Sien is egter glo!
As jy meer wil weet oor die stelsel stuur ’n e-pos na Les@StreetEyesOrg.com of Info@StreetEyesOrg.com.
