News

Emosionele afskeid vir Angus

'n Reeks emosionele foto's deur plaaslike fotograaf Zanje Faure, het die afskeid tussen 'n ma en haar viervoet kind vasgevang kort voor sy dood.

Angus, ‘n Skotse terriër, is in April met kanker gediagnoseer.

Sy eienaars, Gerhard en Amanda Visagie het alles in hul vermoë gedoen om hom te red, tot een oggend 03:00 met hom na Valley Farm, ‘n dierehospitaal in Pretoria wat 24 uur oop is, gejaag toe hy gesukkel het om asem te kry.

Daar is liters vog uit Angus se buik gedreineer en hy is op kroniese medikasie gesit. Daar was nog slegte nuus, die gewas was van so aard dat dit nie deur ‘n operasie verwyder kon word of deur bestraling behandel kon word nie.

‘n Emosiolele mev. Visagie sê dat sy later besef het dat haar hond te erg ly.

“Hy sou so styf teen my kom sit asof hy wil sê, hou my net vas.”

Sy het inderhaas vir me. Faure gebel en gevra of sy dalk ‘n paar foto’s van haar hondekind kan kom neem voordat hy vir die laaste keer veearts toe sou gaan.

“Ek dink dat dit vir haar baie traumaties moes wees om dit af te neem. Ons was baie hartseer maar die foto’s is iets wat ek vir ewig sal kan hou,” sê mev. Visagie.

Angus is deur dr. Leon Connoway uitgesit waarna hy na die krematorium geneem is om veras te word.

‘n Beplande seevakansie in Margate in Desember, sal nou sonder Angus moet geskied. Die Visagie gesin sê dat hulle sy as tydens die vakansie by die see sal strooi.

Die Visagie egpaar en hul oorblywende drie Skotties, Nikita, Chivas en Kaylee, treur steeds oor Angus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button