News

Gaan beter met hoofseun

Die hoofseun van Belfast Akademie wat ernstig beseer is toe ’n dryfas van ’n stroper sy klere beetgekry het, is uit die intensiewe eenheid geskuif.

CJ Uys (17) was Saterdag besig om te stroop en het oor die trekker na agter geleun om te kyk of alles nog reg werk met die stroper.

Die dryfas het sy windbreker beetgekry en dit ingetrek. CJ se klere is van hom afgeskeur en hy moes veg om nie self ook ingetrek te word nie.

Sy pa, Nico, het gesê dat hy in die proses rug-, been- en armbeserings opgedoen het. Hy het gelukkig nie enige bene gebreek nie.

Mnr. Uys het met hom na die dokter op Belfast gejaag en vandaar na die Life Midmed Hospitaal waar hy gestabiliseer en oorgeplaas is na die Life Kosmos Hospitaal. CJ is in die intensiewe eenheid opgeneem en het ook ’n operasie ondergaan.

CJ se ma, Hannatjie, het Woensdag gesê dat hy nog baie pyn verduur, maar dat die dokter tevrede is met sy vordering.

Hy is uit die intensiewe eenheid ontslaan, maar as gevolg van die risiko vir infeksies, verkies hulle dat hy nog nie besoekers ontvang nie.

“Ons is vol moed dat hy sommer gou beter sal wees”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button