NewsUpdate

Opvolg: Whisky diewe gesoek

’n Paartjie het ’n peperduur bottel whisky uit ’n winkel in Dullstroom gesteel, reg voor een van die mede-eienaars van die winkel.

Steve Adams, mede-eienaar van Wild About Whisky, sê dat hulle eers op hul sekuriteitskameras kon sien waarheen ’n bottel Glenfiddich 26, wat R6 000 kos, verdwyn het.

Die ergste is dat een van die eienaars met die paartjie se besoek aan die winkel agter die toonbank gestaan en met hulle gepraat het. Mnr. Adams sê dat hy foto’s van die paartjie op Facebook gelaai het om ander besighede te waarsku.

Hy meen ook dat hulle ’n duur les oor hul sekuriteitsmaatreëls geleer het.

Expensive whiskey stolen in Dullstroom

Daar is intussen inligting ontvang dat die paartjie moontlik van Pretoria afkomstig is waar hulle dieselfde modes operandi gebruik om besighede te besteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button