News

Jong man en vriend vermis

’n Jong man word deur sy ouers gesoek nadat hy Donderdag met sy pa se voertuig werk toe is, maar nooit by die werk opgedaag het nie.

Rehana Pilodia, Middelburg inwoner, het op Facebook gevra dat enige iemand wat weet waar Francois van der Merwe homself bevind haar dadelik moet kontak. Sy sê dat hy saam met ’n vriend, Raymond Victor, weg is.

Me. Pilodia het die voertuig waarin die mans laas gesien is, beskryf as ’n wit 1992 Opel Monza GSI met ’n beskadigde buffer aan die linker voorkant. Sy versoek mense wat inligting het oor die man se verdwyning, om haar op 082 415 8029 te bel.

Kapt. Khanyisile Zwane, Middelburg polisiesegsvrou, het Vrydagoggend gesê dat mnr. Van der Merwe nog nie as vermis by die polisie aangemeld is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button